Botswana / Victoria Valle

[ 22 Junie – 3 Julie 2019 asook 25 Junie – 6 Julie 2019 ]


« TERUG NA TOER INDEKS BLAD »



NEEM ASB KENNIS DAT U 'N GELDIGE PASPOORT BENODIG



’n Goedbeplande sirkelroete deur Botswana wat die Delta by Maun, daarna Caprivi, Katima Mulilo tot Chobe, asook Victoria Valle en Makgadigadi Panne insluit.
Google gerus verblyfplekke!

DAG 1: Vlieg na Johannesburg, reis per luukse bus na Lephalale vir oornag by Machauka Lodge.

DAG 2: Ons gaan Botswana binne by Martinsdriftgrenspos, besoek Khama-dinastie Museum op Serowe en oornag Hotel 23.

DAG 3: Ons volgende bestemming is Maun waar ons vir 2 nagte in die Cresta Rileys Hotel tuisgaan.

DAG 4: Vlieg oor die Delta in vastevlerk vliegtuigies – by prys ingesluit!

DAG 5: Ons ry om die suid- en westelike rand van die Delta, oor Nokaneng na die Mohembogrenspos om die Caprivistrook (Namibië) binne te gaan. Divava Lodge 2 nagte - ware paradys!!

DAG 6: ’n Bootvaart (sundowners ingesluit) na o.a. Popavalle – lekker!

DAG 7: Ongelukkig moet ons oppak en met die B8 ry ons oos na Katima Mulilo om by Ngomabrug weer Botswana binne te gaan. Oornag Mowana Safari Lodge – 2 nagte.

DAG 8: ’n Vroeë wildbesigtigingsrit met 4 X 4 voertuie, asook ’n bootvaart op die Choberivier is ingesluit.

DAG 9: By Kazungula gaan ons Zimbabwe binne, ry deur mopaniewoude na die dorpie Victoria Falls. Ons besoek die Victoria waterval en historiese brug en laatmiddag vaar ons op die “koningin van riviere” Zambezi. Oornag in die A’Zambezi River Lodge.

DAG 10: Terug na Botswana by Kazungula en suidwaarts na Nata. Besoek Makgadigadi Pan met 4 X 4 voertuie en oornag Pelican Lodge.

DAG 11: Na ontbyt vat ons die pad oor Francistown en by Palapye voltooi ons die sirkelroete. Oornag weer Lephalale.

DAG 12: Ons ry vroeg na O R Tambo Lughawe vir ons terugvlug.


Toerprys: R23 300 per persoon wat deel, uitgesluit vliegkaartjies na JHB
Ingesluit: 2 etes pd (Dag 1 & 12 slegs 1 ete elk), akkommodasie, vervoer, Deltavlug, bootvaarte, wildbesigtigings- en panrit, toegange.


KONTAK:
Gert of Ansie Beukes
Tel: 044 272 5110
Sel: 083 234 2294
E-pos: beukestours@gmail.com





Copyright © 2019  ::  Beukes Toere  •  Site by:  WebWorX