Botswana / Vic Valle

[ 2 - 14 Julie 2018 ]


« TERUG NA TOER INDEKS BLAD »



NEEM ASB KENNIS DAT U 'N GELDIGE PASPOORT BENODIG



`n Goedbeplande roete deur Botswana. `n Sirkelroete wat die Delta – Maun tot Caprivi, Katima Mulilo tot Chobe, asook Victoria Valle en Makgadigadi Panne insluit.
Google gerus verblyfplekke!

DAG 1: Vlieg na Johannesburg en dan met `n luukse bus na Molalatau Lodge by Ellisras vir oornag.

DAG 2: Ons gaan Botswana binne by Martinsdriftgrenspos, besoek Khama-dinastie Museum op Serowe, oornag Serowe..

DAG 3: Ons volgende bestemming is Maun waar ons vir 2 nagte in die Cresta Rileys Hotel tuisgaan.

DAG 4: Vlieg oor die Delta in vastevlerk vliegtuigies – (by prys ingesluit!)

DAG 5: Ons ry om die suid- en westelike rand van die Delta, oor Nokaneng na die Mohembogrenspos om die Caprivistrook (Namibië) binne te gaan. Divava Lodge 2 nagte - ware paradys!!

DAG 6: `n Bootvaart (sundowners ingesluit) na o.a. Popavalle – lekker!

DAG 7: Ongelukkig moet ons oppak en met die B8 ry ons oos na Katima Mulilo om by Ngomabrug weer Botswana binne te gaan. Oornag Big Five Chobe Lodge – 2 nagte.

DAG 8: `n Vroeë wildbesigtigingsrit met 4 X 4 voertuie, asook `n bootvaart op die Choberivier is ingesluit.

DAG 9: By Kazungula gaan ons Zimbabwe binne en deur die mopaniewoude ry ons na die dorpie Victoria Falls. Gaan tuis in A`Zambezi River Lodge – 2 nagte.

DAG 10: Ons besoek die Victoria waterval en historiese brug en laat-middag moet ons op die “koningin van riviere” Zambezi vaar.

DAG 11: Terug na Botswana by Kazungula en suidwaarts na Nata. Besoek Makgadigadi Pan met 4 X 4 voertuie en oornag Pelican Lodge.

DAG 12: Na ontbyt vat ons die pad oor Francistown en by Palapye voltooi ons die sirkelroete. Oornag Molalatau Lodge Ellisras.

DAG 13: Ons ry vroeg na O R Tambo Lughawe vir ons terugvlug.


Toerprys: R23 200 per persoon wat deel
Uitgesluit: Vliegkaartjies na JHB. Ons kan daarmee help – retoer vanaf George tans ± R1700 pp
Ingesluit: 2 etes pd (Dag 1 & 13 slegs 1 ete elk), akkommodasie, busvervoer, Deltavlug, bootvaarte, wildbesigtigings- en panrit, toegange.


KONTAK:
Gert of Ansie Beukes
Tel: 044 272 5110
Sel: 083 234 2294
E-pos: beukestours@gmail.com





Copyright © 2018  ::  Beukes Toere  •  Site by:  WebWorX