OM DIE DRAKENSBERGE

[ 13 – 21 April 2018 ]


« TERUG NA TOER INDEKS BLAD »



‘n Uitstekende toer wat jou deur die verskillende gebiede van die Drakensberge neem.
Gaan tuis in die room wat die berge bied, gekombineer met interessante besoekpunte:
`n Gewilde keuse!!


DAG 1: Vertrek vanaf Voorbaai, Hartenbos, oor De Dekke, George, Sedgefield, Knysna, Plettenbergbaai, Jeffreysbaai, PE, Grahamstad, Fort Beau-fort en oornag in die Amatole-berge by Arminel Hogsback.

DAG 2: Vandag ry ons oor Stutterheim, Cathcart, Queenstown tot by Elliot – oornag Mountain Shadows Hotel – Barkly Pas.

DAG 3: ‘n Pragtige landelike roete oor Maclear, Matatiele, Kokstad, Underberg en oornag in die goedgeleë en luukse Sani Pass Hotel (vir 2 nagte).

DAG 4: ‘n Opwindende dag! Ons gaan met ‘n 4 by 4 rit teen Sani Pas uit tot in Lesotho!

DAG 5: Verlaat die Suidelike Berg vir die Sentrale Berg met Champagne Castle Hotel as bestemming vir 2 nagte!

DAG 6: Nog ‘n interessante dag met `n valkeniervertoning, asook ‘n uitvoering van die Drakensberg Seunskoor.

DAG 7: Vertrek vir Noordelike Berg met `n besoek aan die Drakensberg Pompstasie, dan deur Golden Gate Vallei na Brandwag Hotel vir oornag.

DAG 8: Oor Clarens, Fouriesburg, langs die Lesotho-grens oor Ficksburg, Ladybrand, Wepener, Smithfield, Betulie tot by De Stjil Gariep Dam vir oornag.

DAG 9: Ons volg die roete oor Nou-poort, die Lootsbergpas af na Graaff Reinet vir `n lekker teestop. Dan oor Aberdeen, Willowmore terug huistoe!


Toerprys: R11 900 per persoon wat deel.

Ingesluit: 2 etes per dag (Dag 1 & 9 slegs 1 ete elk), alle toegange, luukse vervoer.
Uitgesluit: Fooitjies, tussenin verversings

KONTAK:
Gert of Ansie Beukes
Tel: 044 272 5110
Sel: 083 234 2294
E-pos: beukestours@gmail.com







Copyright © 2018  ::  Beukes Toere  •  Site by:  WebWorX