NAMIBIË

[ 8 - 21 Junie 2018 (14 dae) ] - Vertrek vanaf George


'n Ongeëwenaarde toer met goeie, soms uiters luukse verblyf - (Google gerus) - dikwels 2 nagte na mekaar. Vir u gerief, vlieg na Windhoek en doen 'n uitgebreide toer met luukse bus. Deurlopende en interessante inligting.


« TERUG NA TOER INDEKS BLAD »



NEEM ASB KENNIS DAT U 'N GELDIGE PASPOORT BENODIG



DAG 1: Ry per bus vanaf George na Kaapstad en vlieg na Windhoek. Oornag Avani Hotel (4*) (2 nagte).

DAG 2: Doen besoekpunte in Windhoek en geniet aandete in Joe`s Beerhouse -`n lekker ervaring.

DAG 3: Vertrek oor Okahandja, Otjiwarongo na Etosha en oornag in Okaukuejo en Halali-kampe vir 3 nagte.

DAG 4: Doen wildbesigtigingsrit in omgewing.

DAG 5: Oornag Halali.

DAG 6: Verlaat Etosha deur Anderson Hek, ry oor Outjo en oornag Vingerklip Lodge.

DAG 7: Ry via Uis, oor Hentiesbaai na Swakopmund. Oornag Swakopmund Luxury Suites (2 nagte) Aandete Platform One - deftig!

DAG 8: Vrye tyd in dorp, asook besoek aan Maanlandskap en Welwitschia roete. Aandete in nabygeleë hotel.

DAG 9: Reis oor Walvisbaai, Naukluft Park, Solitaire na Sesriem en oornag Le Mirage Lodge! (2 nagte).

DAG 10: Wanneer die son opkom (twv skadulyne), neem ons die Sossusvleipad. Eers Duin 45 klim, daarna dieper in na Sossus- en Dooie Vlei (opsioneel). Besoek Sesriem Canyon.

DAG 11: Besoek Duwisib Kasteel, ry oor Aus na Luderitz, besoek Diazkruis – oornag Zum Sperrgebiet Hotel.

DAG 12: Ry via Seeheim na Visrivier Canyon en oornag Ai Ais.

DAG 13: Verlaat Namibië deur Noordoewer en oornag Clanwilliam Hotel.

DAG 14: Deur die Swartland en Worcester terug huistoe!


Toerprys: R21 400 pp wat deel.

Ingesluit: 2 etes p/d (Dag 1 & 14, slegs 1 ete elk), alle toegangsgelde, luukse bus, vliegtuigkaartjie
GELDIGE PASPOORT NODIG

KONTAK:
Gert of Ansie Beukes
Tel: 044 272 5110
Sel: 083 234 2294
E-pos: beukestours@gmail.com






Copyright © 2018  ::  Beukes Toere  •  Site by:  WebWorX