NAMIBIË

[27 Mei – 8 Junie 2018 (13 dae) ] - Vertrek vanaf Kaapstad


'n Ongeëwenaarde toer met goeie – soms uiters luukse verblyf – (Google gerus) – dikwels 2 nagte na mekaar.
Uitgebreide toer met luukse bus en vlieg terug Kaaptoe!!. Deurlopende en interessante inligting.


« TERUG NA TOER INDEKS BLAD »



NEEM ASB KENNIS DAT U 'N GELDIGE PASPOORT BENODIG



DAG 1: `n Vroeë vertrek vanaf die Strand, oor Klapmuts, Paarl en met die N7 Noord vir oornag in Springbok Inn, Springbok.

DAG 2: By Noordoewer draai ons wes langs die Oranjerivier en ry na Ai Ais vir oornag.

DAG 3: Ons 1ste stop, is die Visrivier Canyon, daarna `n teestop by `n plaas, oor Aus na Luderitz, besoek Diazkruis en oornag by Zum Sperrgebiet Hotel.

DAG 4: Vandag verder noord, besoek interessante Duwisib Kasteel, met die woestynpad oor Beta na Le Mirage Lodge vir oornag (2 nagte).

DAG 5: Wanneer die son opkom (twv skadulyne), neem ons die Sossusvleipad. Eers Duin 45 klim, daarna dieper in na Sossus- en Dooievlei (opsioneel). Besoek Sesriem Canyon.

DAG 6: Die Naukluftpad neem ons na Walvisbaai en kuslangs na Swakopmund waar ons vir 2 nagte in die goedgeleë Swakopmund Luxury Suites tuisgaan. Aandete Platform One – lekker deftig!

DAG 7: Oggend vryetyd en vanmiddag Maanlandskap en Welvitschia-roete. Aandete in nabygeleë hotel.

DAG 8: Oor Hentiesbaai, Uis na Vingerklip Lodge vir oornag.

DAG 9: Vandag ry ons oor Outjo na Etosha waar ons die volgende drie nagte by Okaukuejo en Halali-kampe tuisgaan.

DAG 10: Wildbesigtiging in omgewing en ontspan.

DAG 11: Oornag Etosha.

DAG 12: Verlaat Etosha deur die Anderson Hek, ry oor Otjiwarongo en Okahandja na Windhoek vir oornag in Avani Hotel (4*). Aandete Joe`s Beerhouse - `n lekker ervaring!

DAG 13: Doen besoekpunte in stad en vlieg vanmiddag terug Kaaptoe!!


Toerprys: R20 400 pp wat deel.

Ingesluit: 2 etes per dag, (Dag 1 & 13 slegs 1 ete) toegangsgelde, luukse bus, vliegtuigkaartjie.


KONTAK:
Gert of Ansie Beukes
Tel: 044 272 5110
Sel: 083 234 2294
E-pos: beukestours@gmail.com






Copyright © 2018  ::  Beukes Toere  •  Site by:  WebWorX