TEATER TOER
ingesluit
West Side Story

[ 5 - 7 April 2018 ]



'n Dinamiese nuwe interpretasie van die klassieke verhaal van Aspoestertjie.
Een van die beste musiekblyspele wat ooit geskryf is met klassieke treffers soos “Maria”, “I feel pretty”, “Tonight”, ens.
New Yorkse-bendeverhaal, `n liefdesverhaal gebaseer op Romeo en Juliet. `n Meesterstuk met volle orkes om nie mis te loop nie!


« TERUG NA TOER INDEKS BLAD »



DAG 1: Vertrek vanaf George, laai op by De Dekke, Voorbaai en Riversdal. Ons maak `n lekker teestop by Swellendam. By Caledon draai ons weg om met die nuwe teerpad deur Hemel-en-Aarde te ry na Hermanus. Op die historiese plaas, Vergenoegd, geniet ons die 1000+”Running Ducks” en laatmiddag kyk ons uit oor Stellenboschvallei by Skilpadsvlei met aandete. Oornag Capetonian Hotel in middestad – 2 nagte.

DAG 2: Na ontbyt begin die dag met `n besoek aan die puik Hart- museum in Grootte Schuur Hospitaal. Daarna vat ons die Rooibus vir `n stadstoer oor Kampsbaai terug Waterfront en hotel toe. Dan`n vroeë aandete in die BoKaap Kombuis en sit vanaand in die Kunste Kaap teater (op die beste sitplekke) vir West Side Story.

DAG 3: Na `n rustige ontbyt is dit oppaktyd en oudergewoonte ry ons met die Franschhoekpas terug huistoe! Natuurlik eers met `n lekker stop op Franschhoek!


Toerprys: R3 900 pp wat deel

Ingesluit: Verblyf; 2 aandetes/ 2 ontbyte; alle toegangsgelde; teaterkaartjie; luukse vervoer.

Uitgesluit: Tussenin ver-versings. Fooitjies – R30 p/p.

KONTAK:
Gert of Ansie Beukes
Tel: 044 272 5110
Sel: 083 234 2294
E-pos: beukestours@gmail.com





Copyright © 2018  ::  Beukes Toere  •  Site by:  WebWorX